Tuis » Afrikaans, Investigations, Legal

Jan Taks gryp R12m van BSB-man Calle Botha

Submitted by on March 23, 2012 – 6:00 amNo Comment

JACQUES PAUW

Die gewese Transvaalse rugbyspeler en geswore lid van die Burgerlike Samewerkingsburo (BSB), Calla Botha, skuld die taksman miljoene der miljoene en die balju is besig om sy bates te gryp.
Beeld verneem dat die SA Inkomste-diens (SAID) ná ‘n uitgerekte ondersoek en hofgeding ‘n bevel verlede maand bekom het dat Botha R12 miljoen in agterstallige inkomstebelasting en boetes skuld.
Botha, wat deelgeneem het aan die sluipmoord op die Wits-akademikus David Webster en geïmpliseer is in die moord op die Swapo-leier Anton Lubbowski, kan ook krimineel vervolg word.
Botha, wat voor die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) erken het dat hy in 1989 ‘n bom by ‘n kleuterskool geplant het, moes sy inkomste uit 26 maatskappye aan die SAID verklaar.
Die moontlikheid van kriminele klagtes, wat belastingontduiking sal insluit, work nog ondersoek. Hy het ook nie verkoopbelasting oorbetaal nie.
Onder Botha se bates waarop beslag geneem word, is ‘n spog-wildsplaas in die Limpopo-provinsie.
Botha het aan die hof erken dat hy in die laaste 21 jaar net drie belastingopgawes ingedien het, waarvan die laaste in 2001 was.
SAID-ondersoeke is geheim, maar Botha het sy belastingprobleme openbaar toe hy ‘n hofaansoek gebring het om ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming ter syde te laat stel.
Botha het aangevoer dat hy ná sy BSB-dae ‘n ‘sukkelbestaan’ gevoer het. Hy glo die SAID voer ‘n heksejag teen hom.
Beeld verneem dat Botha in ‘n gerieflike huis aan die Wes-Rand woon, toegang het tot ‘n helikopter en in ‘n BMW rondry.
Een van sy maatskappye – Black Hawk Security – spog op sy webtuiste dat dit ‘n luukse herberg besit wat vir die ‘kieskeurige’ kliënt bedoel is
Botha het gesê hoewel hy voor die WVK getuig het, het die nuwe regering steeds oud BSB-lede vervolg. Hy sê die SAID se ondersoek teen hom deel is van dié kampanje.
Botha sê verskeie BSB-lede is intussen onder ‘vreemde omstandighede’ dood. Hy vrees vir sy lewe en het geweier om sy huisadres vir die SAID te gee, wie hy sê ‘n óbsessie’ het om te weet waar hy bly.
Botha sê hy het sy bes gedoen om oor die jare sy belastingprobleme met die SAID uit te sorteer en was ‘geskok’ toe hy hoor hulle wil `n formele ondersoek teen hom begin.
Beeld verneem die SAID het Botha begin ondersoek het ná ‘n beëdigde verklaring deur die dwelmsmokkelaar Glenn Agliotti in Desember 2006 waarin hy Botha in kriminaliteit impliseer.
Agliotti het ook in die SAID-ondersoek teen Botha getuig.
Botha sê op Black Hawk Security hy is ervare in die ‘bekamping van terrorisme’. Hy beweer hy’s ‘n gewese ‘Spesiale Magte-offisier”, wat nie waar is nie.
Hy beweer hy het ook ondermeer ‘n MBA-graad. Hy het nooit sy studies aan die Randse Afrikaanse Universiteit (nou die Universiteit van Johannesburg) voltooi nie.
Onder die 25 ander maatskappye wat die SAID ondersoek het, is ‘n jag- en safari-onderneming, ‘n duikklopper, ‘n eiendomsagent en ‘n maatskappy met die naam ‘Staal Burger and Associates’.
Botha is in 2002 van roof aangekla na ‘n diamantroof waarby R11 miljoen betrokke was. Tydens sy borgaansoek het hy beweer hy’s ‘n jagter wat R40,000 per maand verdien. Dié saak is later teruggetrek.
Botha het nie op enige versoeke vir kommentaar gereageer nie.

Leave a comment!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar blog.


4 × = sixteen