Articles in Afrikaans
JACQUES PAUW Die veroordeelde Boeremaglede het hul regspanne opdrag gegee om dringende aansoeke te bring om die dekade-lange hofsaak waartydens hul aan hoofverraad skuldig bevind is, nietig te laat verklaar. Dit volg ná Rapport se onthulling vroeër vandeesmaand dat ‘n gewese polisie-offisier, Deon Loots, ‘n beëdigde verklaring gemaak het waarin hy vertel van ongerymdhede tydens… Read More »
ATHANDIWE SABA DIE ampsmotor van Gauteng se LUR vir Finansies, Mandla Nkomfe, het binne twee jaar amper R100 000 in spoedoortredingboetes opgegaar, waarvan een saak so ernstig is dat dit in die hof gaan draai. Die LUK vir Gemeenskapsveiligheid, Nonhlanhla Faith Mazibuko, se ampsmotor het so vinnig gery dat agt hofdagvaardigings daarteen uitgereik is. Die… Read More »
JACQUES PAUW Die gewese Transvaalse rugbyspeler en geswore lid van die Burgerlike Samewerkingsburo (BSB), Calla Botha, skuld die taksman miljoene der miljoene en die balju is besig om sy bates te gryp. Beeld verneem dat die SA Inkomste-diens (SAID) ná ‘n uitgerekte ondersoek en hofgeding ‘n bevel verlede maand bekom het dat Botha R12 miljoen… Read More »
Jacques Pauw Die bevelvoerder van ’n spesiale polisietaakspan wat die berugte Rolex-roofbende moes vastrek, is geskors hangende ’n ondersoek rondom die ontsnapping van ’n vermeende bankrower. Beeld kan ook vandag onthul dat ’n Griekse misdaadsindikaat nou saam met die Rolex-bende gewerk het deur geroofde juweliersware na Griekeland te smokkel. Kol. McIntosh Polela, polisiewoordvoerder, het bevestig… Read More »
’n Jong Thaise vrou sê sy het gehuil toe sy met ’n geweer langs ’n renosterkarkas moes poseer tydens ’n beweerde fop-trofeejagtog. Die vrou, wat net as “Wan” geïdentifiseer wil word uit vrees vir weerwraak, het gesê sy het die renoster nie self geskiet nie en ook nie geweet ’n afskrif van haar paspoort is… Read More »
’n Skuiwergat in die land se drankwette het ’n goedkoop drankbedryf van R2,5 miljard geskep wat op pad is om dubbel die volume te verkoop van die destydse papsak, wat in 2007 deur die regering verbied is. Sogenaamde “ale”-produkte, wat deur gevestigde liggame in die drankbedryf as ’n “suikergefermenteerde konkoksie” beskryf word, word op groot… Read More »
’n Kinderwelsynsbeampte wat glo babas verkoop het, is moontlik aan die hart van ’n mensemokkelsindikaat.Me. Sharon Mushokabanji, ’n Zambiër wat in Kindersorg Suid-Afrika se kantoor in Kempton Park aan die Oos-Rand gewerk het, is in Desember verlede jaar afgedank nadat sy betrap is dat sy ’n pleegouer se staatstoelae gesteel het.Kindersorg het boonop ontdek dat… Read More »
